
Die Klanktuin

Waar klanke groei, woorde blom en sterk wortels gevorm word.
Ons waarheid:
Ek hoef nie alles vandag te kan doen nie, ek leer elke dag iets nuut.
Ons fondasie skrif:
Jesaja 54:13
“Al jou kinders sal deur die HERE geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.”
Waarvoor staan Die Klanktuin?
Die Klanktuin glo dat leer oor meer gaan as net klanke en woorde. Ons wil kinders help om ’n sterk grondslag vir lees én vir die lewe te bou.
Deur klanke, stories, beweging, kreatiewe aktiwiteite en geliefde karakters maak ons leer prettig en betekenisvol, terwyl Bybelse waardes op ’n eenvoudige en ouderdomsgepaste manier deel van die leerproses word.
Ons droom is om kinders te help groei soos sterk olyfbome met diep wortels — kinders wat met selfvertroue leer, met vreugde ontdek en in waarheid en goeie karakter groei.
Bybelse waardes. Sterk wortels. ’n Liefde vir leer.
Elke Klank is 'n Karakter
Ons verbind die Afrikaanse klanke met verskillende waardes van die Bybel.
In 'n speelse, tuin-gebaseerde reis leer jy kinders om die geluide van die alfabet te verbind aan die beweging en die Christelike waarde van daardie karakter bv
Hennie haas - Hulpvaardigheid
“Dra mekaar se laste...” — Galasiërs 6:2
Bennie bok - Betroubaarheid
“Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’.” — Matteus 5:37
Die Tuinier is die vriendelike gids van Die Klanktuin. Hy stap saam met die kinders deur die tuin, stel hulle aan die verskillende klankmaats voor en help hulle om klanke, woorde en Bybelse waardes te ontdek.
Soos ’n tuinier plante versorg sodat hulle sterk kan groei, herinner hy elke kind dat leer tyd, geduld en goeie wortels nodig het.
In Die Klanktuin groei ons nie net woorde nie — ons groei sterk wortels.

A - Annie Appel • B - Bennie bok • D - Dawie duif • E - Elsa Eend
Ons winkel
Karakters
van die Klanktuin
Ons vertel die verhaal van die Klanktuin deur die verbeelding van kinders, die warmte van die natuur en Bybelse waardes.
Elke nuwe klank wat ’n kind aanleer, is soos ’n nuwe saadjie wat geplant word. Klanke word woorde, woorde word sinne en sinne word stories. Terselfdertyd groei die kind in Bybelse waardes.
“Klein saadjies van waarheid groei tot sterk wortels van geloof.”
“In elke kind is daar potensiaal om te groei, te blom en goeie vrug te dra.”
Charmaine Snyman
“Ons bou leesvaardigheid op ’n fondament van waarheid.”
Die Klanktuin














